Petisie om “self-verdediging” as rede vir vuurwapen-eienaarskap te behou

Stygende geweldsmisdaadsyfers en belaglike besnoeiings aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se begroting het miljoene Suid-Afrikaners in ’n meer weerlose posisie as ooit tevore gelaat.

Indien die Minister van Polisie, Bheki Cele, daarin slaag om die drakoniese Wysingingswetsontwerp op Vuurwapens deur te voer sal dit ’n oorwinning wees vir die misdadigers wat alreeds bykans vrye teuels het om geweldsmisdade te pleeg.

Hierdie wet sal die laaste verdedigingslinie van miljoene wetsgehoorsame burgers af wegneem.

Teken hierdie petisie om by die SAPD se Burgerlike Sekretariaat aan te dring dat self-verdediging as ’n rede vir wapen-eienaarskap behou moet word.

(Lees meer oor die voorgestelde wetsontwerp hier: Wysingswetsontwerp)